.: home

.:afrikaans

Johan Nicolaus Wilhelm BARKHUIZEN

Johan Nicolaus Wilhelm * 30.5.1746 Eichholz sv Nicolaus Barkhaus & Anna Catharina Cleve 1765 kom as soldaat op "Kievitsheuvel" in Kaap aan + Swellendam 5.11.1812 x Swellendam 8.11.1771 Jacomina JANSE VAN RENSBURG, dogter van Nicolaas van Rensburg en Alberta van Rooyen (Nicolaas van Rensburg was 'n afstamelling van die slaaf Catharina van Bengale, sy was ook bekend as Groote Catrijn)
b1 Nicolaas Jacobus = 3.10.1772 x Swellendam Johanna Elizabeth Cronje =3.10.1784 dv Stephanus Haarhoff & Susanna Jacoba Haarhoff (b6c6) Woon in Langkloof.
b2 Johannes Cornelis = 5.11.1775 burger Swellendam x 24.9.1797 Frederika Margaretha Johanna van Rensburg = 1.2.1778 (c3d9) suster Jacquemina (stammoeder) Hulle woon op Kliprivier (Langkloof).
b3 Alberta Catharina = 24.8.1777
b4 Simon Hendrik = 2.10.1779 burger Swellendam + 3.2.1852 Uitenhage x Kaapstad 20.3.1803 Sara Johanna Janse van Vuuren (wed v Cornelis Coenraad Scheepers) dv Johannes Gerhardus Janse van Vuuren & Sara Johanna van Beulen.
b5 Barbara Johanna = 27.1.1782 x Swellendam 5.1809 Johan Daniel Herman
b6 Jacomina Margaretha = 5.10.1783
b7 Anna Catharina = 19.6.1785 x Kaapstad 20.3.1803 Christiaan van der Wat = 1773
b8 Johan Nicolaas Wilhelm = 20.4.1788 x Swellendam 17.4.1816 Aletta Sophia van Rensburg = 1800
b9 Frederik Christoffel = 8.11.1789 x Swellendam 4.1811 Margaretha van Rooyen
b10 Martha Catharina = 6.11.1791 x 12.1809 Nicolaas Cornelis van Huyssteen
b11 Petrus Hendrik Carel = 11.8.1793 ongetroud. Hy was doof gewees en het glo uitstekende houtwerk, veral horlosies gemaak.
b12 Christina Jacomina = 31.1.1796 x George 8.4.1821 Johannes Jurie (Hans Jurgen) de Jager
b13 Johanna Petronella = 24.9.1797

Die familie Barkhuizen stam uit die oeroue Duitse landgoed Barkhausen af, geleë aan die voet van die veraf sigbare Tunsberg. Dit is geleë in die Teotoberger woud. Opgrawings in hierdie omgewing dui daarop dat daar vir 20 000 jaar reeds mense gewoon het.

As Germaanse Saksers en vrye grondbesitters moes die oervaders reeds saam met Wittekind vanaf 780 nC teen Carel die Grote opgetrek het en heel moontlik help bou het aan die Volsburg op die Tunsberge as laaste toevlug in tye van verdrukking. Die Germaanse Saksers (anders as die Sakse op moderne Duitse kaarte) het in daardie dae op laagliggende dele rondom die mondings van die Ems, die Weser en die Elbe gewoon. As hulle aangeval is, het hulle hulself tussen die bosse en moerasse teruggetrek en sodoende oorrompeling byna onmoontlik gemaak. Hulle was ru, onverskrokke en oorlogsugtig en het meermale in Brittanje, Galie of elders in die Frankiese gebied geplunder.
Sedert die vroee Mideleeue het die Saksers, geheg aan hulle eie geloof en uit vrees vir verlies aan onafhaklikheid, teen die kersteningspogings van die Franke en ander sendelinge soos Boniface in verset gekom. Hierdie uiters hewige oorloe wat Karl die Grote (Charlemaine) dus tussen ongeveer 780 nC en 804 nC teen hulle gevoer het kan tereg as godsdiensoorloe bestempel word. Albei kante het hulle skuldig gemaak aan wreedheid en moorde, an as Karl oorwin het, het hy altyd Christenskap insgestel as 'n teken en toets vir onderdanigheid. Die verowerdes is in elk geval byna deurgans met geweld tot die Christelike geloof bekeer as hulle nie van sy voorwaardes gebruik wou maak nie. So moes die laaste groot Saksiese leier, Wittekind, uiteindelik ook swig en hom laat doop. Karl was egter wys genoeg om later hierdie Saksiese en Bayariese volk op gelyke en onvoorwaardelike wyse - behalwe vir bekering - in sy Franse ryk op te neem. Nuwe kloosters is steed opgerig en Biskoppe teen versnelde tempo aangestel. Die nuwe geloof en regering is diep in die lewens van mense ingeplant. Die kernstening van die Saksers het ook diep in die huishoudelike wettelike omstandighede van "Barkhausen" ingegryp.

Dit het van nou af herhaaldelik gebeur dat 'n vrye grondbesitter sy grond aan die kerk skenk, hetsy dit besorgdheid oor sieleheil was of om as leenman van die kerk hulle magtige beskerming te geniet. In ruil vir bg word die eiendom dan die kerk se besitting en die skenker sal voortgaan om die grond as pagter te bestuur. So het dit dan gebeur dat in die jaar 1036 nC die Landgoed Brooches deur skenking deel van die Wisdom Paderborn, destys gelei deur Biskop Meinwerc, geword het. Daarmee saam het die eienaar van Borchusen as vrye grondbesitter nou 'n beampte van die Biskop geword het.
Die landgoed bestaan vandag nog met die naam Niederbarckhausen.
Vir die Barkhuizens is Niederbarkhausen nie net die stamlandgoed nie maar ook die naamgewer. Daar bestaan die idee dat die familienaam ontleen is van die Berkeboom en vandaar ook die boom op die familiewapen. Dit word egter vandag algemeen aanvaar dat die woord Bar(c)k afkomstig is van die ou Duitse woord "Burc" wat Burg beteken. Die indrukwekkende toring van die hof, wat selfs vandag nog die gebou oorheers, het met sekerheid aanleiding gegee dat die landgoed "Burchausen" genoem is. Hierdie toring wat 'n bekende baken was sou toe ook sommer die naam van die hof word.
Die eerste verwysing na die hof Burchausen, tans Niederbarkhausen, is in 'n dokument gedateer 10 Mei 1036 vanaf die Biskop Meinwerc van die dorpie Paderhorn, waarin aangedui word dat hierdie hof kerkeiendom word. Ons voorvaders was dus as pagters (Duits=Meier) nie deel van die landadel nie. Die pagter was die bestuurder van die kerkeiendom.
Die hofname in Lippe was ook die familiename. Die familie wat die grond bewoon het, het die landgoed se naam as hulle van aangeneem. Die verbindings tho, to, von, van en von der is die verwysing na die stamhof of plek van herkoms.
Die familienaam is oor die tydperk van 700 jaar identies met die naam van die hof.
Die volgende naamsontwikkeling kan gesien word:
1036 Burchusen
1347 Borchusen
1532 Barchusen
1600 Barckhusen
1650 Barkhausen
1700 Barkhausen
1730 Niederbarkhausen
In die jare 1300 het die pagterberoep oorerflik geword en daarom kan afstamming vermoed word.
In Uniondale se wereld stry die mense of die van Barkhuysen of Barkhuizen moet wees. Eintlik is albei verkeerd. Die stamvader het eiehandig sy van as Barckhuysen geskryf.
Namate Afrikaans ontwikkel het, het die Hollandese spelwyse Barkhuysen, veral in die Transvaal plek gemaak vir Barkhuizen.
“Jan” Barckhysen is op 30 Mei 1746 in Eichholz (Detmold) gebore. Sy vader Nicolaas was “Conductor” te Mersheim in Eichholz. Hy was die jongste kind van nege kinders. Oor sy ma Anna Cleve is niks verder bekend nie. Dit kan wees dat sy Nederlands van oorsprong was. Hulle het in werklikheid baie naby aan die Nederlandse grens gebly.
Toe Johan Nicolaus Wilhelm 10 jaar oud was het die Sewejarige oorlog in Europa begin. In 1763 is die vrede gesluit en twee jaar later het hy besluit om as soldaat van die Holland Oos Indiese Kompanje na Suid Afrika te gaan
In 1765 het hy op die skip Kievits heuvel in Suid Afrika aangekom. Wat hy die eerste drie jaar na aankoms gedoen het is onbekend. Die enigste vermelding wat ek kon opspoor is dat sy kerklidmaatskap vanaf Horn in 17 by die gemeente in Swellendam ontvang is. Dat sy vestiging in Suid Afrika ‘n groot skok vir sy familie was en dat dit moontlik nie die goedkeuring van sy familie weggedra het nie, het nou bekend geword in ‘n brief van sy broer Carl .
Dietrich gedateer Hanover 14 Junie
Johan Nicolaus Wilhelm sou skynbaar as skrywer by die Cammer gaan werk en na Oos-Indie gaan, maar met ‘n skok moes sy familie nou hoor dat hy ‘n informator is in ‘n vreemde land. Hy skryf verder dat sy vrou verbaas en ontsteld was oor die feit dat hy daar in die land getrou het. Hy is bereid om Johan Nicolaus Wilhelm finansieël te help, hy vertel van broer Friedrich in Pruise en vra of daar nuus oor broer Simon in Sursbage is.
Sinsnedes soos die volgende dui moontlike onenigheid in die familie. “Ons almal vergewe jou”. Ook met verwysing na sy broer Simon se hy; “Ons leef nie soos broers saam nie en groet mekaar nie. Ek moet my elke keer skaam as ek oor my broer(s) uitgevra word.” Hy is bereid om te help “maar dan moet jy vir my eerlik en opreg vertel wat gaan aan.” “Ek wil nie my hart vir jou sluit nie, maar kan jou net help as ek oortuig is van jou opregtheid”.
Op 8 Junie 1768 gaan Johan Nicolaus Wilhelm ‘n kontrak met ‘n boer, Nicolaas Janse van Rensburg, in Langkloof aan. Die kontrak wat steeds bewaar word in die Staatsargief in Kaapstad, bepaal sat hy ‘n jaar sal werk “als knegten tot wat redelyke dienstens hem verderes mogte benodigen”. Hy sou ook maandeliks “17 guldens Indische valuatie, mitsgaders twee pond tabak boven enbehalwe onderhoud en spys en drank en goede huisvesting” ontvang. Die twee was so tevrede met mekaar dat die kontrak jaarliks hernieu is.
Die stamvader was baie waarskynlik ook ‘n onderwyser op die plaas, alhoewel die kontrak nie melding daarvan maak nie. Van Rensburg en sy vrou het daardie tyd vier kinders van skoolgaande ouderdom gehad, onder andere ‘n dogter, Jacquemina, van 13 jaar.
Dat hy sekerlik in staat was om onderwys te gee blyk uit sy mooi en duidelike hantekening onder aan die kontrak. Dit was ook algemeen gebruik daardie tyd om oud-soldate as onderwysers in diens te neem.
Op 8 November 1771 is “Jan” met sy werkgewer se dogter, Jacquemina van Rensburg getroud. In 1776 kry hy burgerskap en nadat die plaas “De Vlugt” naby die huidige Uniondale aan hom togeken is, het hy veral met die hulp van sy ryk skoonpa self ‘n vooruitstrewende boer geword. Mettertyd is die omliggende plase Uitvlugt, Jakkelskraal, Keykoe (vandag Orange Grove) en Keykoerie in sy naam geregistreer. Vier van sy seuns het op hierdie plase bly boer maar ‘n vyfde, Simon Hendrik het na Uitenhage getrek. (Die Transvaalse Barkhuizens stam van hom af).
Dat die stamvader en sy vrou vermoënde mense was blyk uit die inventaris in die testament van weduwee Jacquemina op 23 Junie 1813 (Uit 7 folio’s haal ek net enkele interessante item aan).
? Drie plase nl Keikoe, De Vlugt en Pietersrivier gelee aan die Keurboomsrivier.
? Sewe slawe en 5 slavinne – hulle name word ook gemeld.
? Ossewa met 37 trekosse
? 51 aanteelbeeste, 100 skape & 10 perde
? 11 dosyn borde, 29 skottels, 3 dosyn wynglase, 1 dosyn waterglase, 25 silwer eetlepels, 43 vurke en 36 tafelmesse
? 1 Brandewyn ketel compleet en 3 leggers met drank
? 1 Smitswinkel compleet en 1 wagenmakerswinkel compleet
? 2 compleete schietgeweren en 2 verslete
? 50 voet stinkhout 3 duims planken
? 80 voet geelhoute planken
? 25 boeken in zoort
? 3 wakiste, 1 groot kis, 4 beddens, 6 katels
? Geld uitgeleen aan ander mense totaal 3130 Rd (Riksdaalers)

Ons kry ook die naam Johan Nicolaus Wilhelm Barkhuysen onder die 109 mans wat in 1782 ‘n ekspedisie onderneem het om die skipbreukelinge van die Engelse skip “Grosvenor”, te probeer opspoor.
Die Xhosas het die boere baie probleme gegee soos blyk uit amptelike verklarings van 1802. Tydens oor en weer aanvalle is 100 van Barkhuysen se beeste gesteel. Die situasie het so gevaarlik geword dat die Bothas en Wolfaardts na veiligheid wou trek maar by Die Poort in Knysna uitgemoor is. Die Barkhuysens en Van Rooyen families het toe ook na die Piesangriviervallei in Plettenbergbaai uitgebrei.
Baie interessante inligting oor die eerste families kom in die reisverhaal (1816) van Eerwaarde CJ Latrobe, ‘n Franse sendeling, voor. Op Kliprivier het hy die oudste seun van die stamvader, Johannes Cornelis, aangetref. Hy kon nie uitgepraat raak oor die gasvryheid nie. Die mense was arm en het dit moeilik gevind om die baie kinders te versorg, daarom gee Latrobe aan hulle ‘n goeie aandete en heerlike egte koffie. Hy skryf verder “though they were poor Mr and Mrs Barkhuis treated us in return, and sweeter grapes and richer milk we had nowhere tasted, since we left Gnadentahl”. ‘n Seun van Johannes Cornelis, ‘n “huge lad of seventeen” het die sendeling na die stamvader se plaas Keurboomsrivier geneem.
Die plaas het behoort aan Jacquemina; want die stamvader was reeds oorlede. Hier was die ontvangs aanvanklik nie so hartlik nie. “An old lady of extra-ordinary bulk, and determined countenance, occupy one corner of the room, and not a smile or inviting word bid us welcome. After sharing some time at one another, the usual laconic address was uttered; “sit” was the next word and we sat down”. Daarna is die besoekers uitgenooi om teewater te drink, maar is sonder aandete na hulle tente toe. Later eers het hulle uitgevind dat dit nie nodig is om te wag vir ‘n uitnodiging nie maar dat enige besoeker vanselfsprekend kon aansit.
Die volgende dag het die tante ontdooi en Eerwaarde Schmitt gevra om aandgodsdiens vir die familie te hou. Die Hottentotte en slawe het dit ook bygewoon sodat daar ongeveer dertig mense was. Latrobe en sy geselskap het op ‘n heel ander noot vertrek. “Being now in high favour with the old lady she invited us to an early breakfast after we set out…” Ook met sy terugkeer is hulle soos ou bekendes op Keurboomspruit verwelkom.

Navorser
Johan Gerhardus Barkhuizen

Bronne:
Literatuur
Collenbrander HT De afkomst der Boeren
De Villiers en Pama
Grobbelaar PW Die Afrikaner en sy kultuur
Heese JA Die herkoms van die Afrikaner 1657-1868
Hoge J Personalia of the Germans in the Cape
Latrobe C Journal of a visit to South Africa 1816
Staatsargiefbewaarplek Pretoria

Bydrae:
Rina Hartzenberg
rina_hartzenberg@icon.co.za