|
Jan
Alders / Adlersz was van Amsterdam, hy het in 1708
as adelbors na die Kaap gekom. Die selfde jaar word hy assistent
en boekhouer in die slaghuis. In 1711 kry hy die rang van boekhouer
en in 1716 word hy bevorder tot onderkoopman. In 1716 word hy
lid van die Raad van Justisie en in 1720 word hy lid van die
Politieke Raad.
Op
4 Februarie 1714 trou het met Apollonia African Bergh.
Sy was gebore in 1686 aan die Kaap, die dogter van Olof Bergh
en Anna de Koning (Anna se moeder was die slaaf Angela van Bengale
ook bekend as Mooij Ansela)
KINDERS
b1 Johan Matthias gedoop 17 Maart 1720
b2 Anna Rincina gedoop 1 Aug 1723
Bronne:
SAG Vol 1
Resolusies van die Politieke Raad C. 70, pp. 7-27. Dingsdagh
den 18 Januarij 1724,
Bydrae:
AM van Rensburg
Navorsing:
|