.: home

.: hoofblad

HOE OM MATERIAAL TE VERSKAF

U kan 'n bydrae maak deur inligting van stamouers aan te stuur. Hier volg 'n paar wenke.

Wat is 'n Stamouer? Hiermee bedoel ons die eerste persone, man en vrou, wat 'n afsonderlike familie in Suid-Afrika gestig het.

Soek jy albei die Stamvader en Stammoeder? Ja asseblief, stuur die inligting van beide die vader en moeder. U kan dit of apart stuur, of beide in een artiekel.

Watse Formaat kan ek gebruik? Dit is nou u keuse, u kan die materiaal voorberei en dan stuur in die styl wat u verkies. Kyk 'n bietjie na die ander stamouers wat al klaar verskyn vir idees. U werk moet kant en klaar wees sodat ek dit net hoef te kopieë en plak. Stuur die inligting of binne 'n e-pos boodskap of as 'n aanhangsel.

Moet ek die verwysings gee? Dit is verkieslik dat u verwys na die bronne wat u geraadpleeg het.

Wie kry die eer? Die persone wat 'n bydrae maak deur materiaal te versamel uit boeke ens en dan dit in vorder sal erken word as 'n persoon wat 'n bydrae gemaak het. Die persone wat persoonlike navorsing in die primêre bronne gedoen het, sal erken word as een van die navorsers. Dan wil ons ook 'n pluimpie gee vir die bronne wat raadgepleeg was. Dit is heelmoontlik dat in al drie kategorieë meer as een persoon of bron sal verskyn.

Hoe reken u gaan die projek uitbrei ? Met u ondersteuning sal ons sommer gou 'n klomp stamouers hê. Verder sal elke stamouer se inligting groei, want so baie van ons het gemeenskaplike stamouers. Ek is seker dat die projek en die materiaal wat verskaf sal word, in so 'n mate sal uitbrei, dat dit 'n saamspan van inligting kan word. As dit wel die geval word, en 'n stamouer word sommer baie aangebou dan sal dit 'n bietjie moeilik wees om met krediet te kan onderskei.

Ek het my eie Familieblad? As u 'n familieblad het, stuur dan ook die adres sodat ons dit kan insluit.

Ek merk op dat daar foute is of die inligting skiet te kort, wat kan ek doen? Stuur asseblief die regte feite aan of enige ander inligting.

Ek wil graag van u hoor. Al het ek besluit om nie die redakteur en ook nie die sensor te wees nie, sal ek nogtans diskresie gebruik as ek moet.

Skryf asseblief aan ons by editor@stamouers.com

Richard Ball
vir eGGSA.org wat nou Stamouers.com behou.